Owerhede vernietig onwettige brug tussen Zim en SA

Die polisie het ‘n mensgemaakte brug vernietig wat oor die Limpoporivier naby die Beitbrug deurgangspoort gebou is. ‘n Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê grens-wetstoepassers wat op die Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese grens ontplooi is, het die brug ontdek toe hulle die heininglyn gepatrolleer het. Die onwettige brug was minder as ‘n kilometer oos van Beitbrug en is volgens berigte gebruik om goedere en mense in en uit Suid-Afrika te smokkel: