Mali sukkel om kop bo water te hou

Honderde mense is na wat uit Mali berig word vermoedelik dood in verlede week se aanval deur ‘n Al-Kaïda-gekoppelde groep. Hospitale in die hoofstad Bamako sit blykbaar sonder genoeg beddens om die gewondes te behandel. Vegters van die Jama’at Nusrat al-Islam wa al-Muslimeen, het Dinsdag ‘n elite militêre polisie-opleidings-akademie en die nabygeleë lughawe aangeval. Diplomatieke en veiligheidsbronne het aan verslaggewers gesê die amptelike dodetal staan op meer as 70.