Stormloop op Swapo se Walvis kos-vragmotor
Video’s op sosiale media het wyd reaksie uitgelok nadat ‘n vragmotor van Swapo in Walvisbaai deur lede van die publiek bestorm is. Die party het ‘n saamtrek op die dorp gehou en oudergewoonte, kos uitgedeel. Lede van die publiek het toegesak op die voertuig en die kospakkies is van die voertuig gegooi in ‘n poging om die stormloop te verlig. ‘n Soortgelyke toneel het hom verlede jaar by die Onafhanklikheidsdag herdenking op Outapi afgespeel toe lede van die publiek die BBP-tent bestorm het en die kos gegryp en gehardloop het.