Bokke weet teen wie hulle te staan kom

Die Springbokke het beklemtoon hoe belangrik dit is om Argentinië te respekteer terwyl hulle voorberei om vanaand teen hulle mede-Rugbykampioenskap-titel-aanspraakmakers in Santiago te staan te kom. Die kaptein, Salmaan Moerat, sê hulle sal by hul eie planne hou om ‘n oorwinning te verseker, en hoop om die titel vir die eerste keer sedert 2019 te beklink – met die wedstryd in Mbombela nog oor. Die wedstryd skop net na 11-uur vanaand af.