Otjikoto-biomassakragstasie sal tot N$245m jaarliks in streek in bring

NamPower se 40 megawatt Otjikoto-biomassakragstasie sal ‘n finansiële inspuiting van tussen 200 en 245 miljoen Namibiese dollar per jaar vir die Oshikoto-streek beteken. The Brief berig die belegging sal kom van die verkryging van houtskyfies van plaaslike boere en kontrakteurs. Die kragstasie sal 7 persent van die nasionale vraag voorsien. Konstruksie sal in November begin en sal twee jaar duur met die eerste kommersiële produksie wat vroeg in 2027 verwag word.