Chinese dieretuin se pandas is eintlik net geverfde honde

‘n Dieretuin in China het erken sy ster-aantreklikheid, twee sogenaamde pandas, is slegs geverfde honde. Die donsige Chow Chow-honde, wat geverf is om soos pandas te lyk, kan op ‘n video gesien word wat ‘n besoeker aan die dieretuin in die suide van die Guangdong-provinsie geplaas het. Die video is meer as 1,4 miljoen keer gedeel. Nog ‘n foto op sosiale media wys die swart en wit honde in ‘n kampie langs ‘n bord wat lees “geverfde honde.” Die dieretuin se bestuurder het gesê die honde is een van sy top-besienswaardighede.