Weer sluit dele van Vrystaat, Oos-Kaap en KZN se paaie

Koue, nat weer, met swaar sneeu op plekke, het dele van die buurland getref. Die N3-tolkonsessie sê die tolroete vanaf Estcourt in KwaZulu-Natal tot by Harrismith in die Vrystaat bly gesluit weens swaar sneeuval. Gevaarlike toestande is langs die hele roete van KwaZulu-Natal af na Gauteng aangemeld, met mense wat in Van Reenenspas vasgekeer is. Padgebruikers in die Oos-Kaap word ook gewaarsku om paaie wat die geraak word deur sneeu en nat weer te vermy. Talle passe, insluitend die Penhoek- en Barkly-pas, is gesluit.