Oekraïne verbied Telegram op amptelike toestelle

Die Oekraïne het die gebruik van die Telegram-boodskaptoepassing op amptelike toestelle wat deur staatsamptenare, militêre personeel en kritieke werkers gebruik word, verbied. Dit kom na kommer oor spioenasie deur Rusland. Die land se Nasionale Veiligheids- en Verdedigingsraad het die beperkings aangekondig nadat nadat hy bewyse van spioenasie gevind het. Die verbod is net van krag op amptelike toestelle en nie op private telefone nie.