Swartbooi stap uit by presidensiële debat

Die leier van die LPM-party Bernadus Swartbooi, het Vrydagaand tydens ’n presidensiële debat in die hoofstad van die verhoog gestap. Die debat is deur die Konrad Adenauer-stigting geborg wat Swartbooi meen is buitelandse inmenging in plaaslike sake van nasionale belang. Eagle FM het die geleentheid gereël en dit op video vasgevang.