Luislang wurg vrou vir 2 ure, polisie ingeroep

ʼn Thaise vrou is deur die polisie bevry nadat ʼn luislang haar vir meer as twee ure gewurg het. Die 64-jarige vrou het tuis aan die buitewyke van Bangkok skottelgoed gewas toe sy ʼn paar keer aan die been gebyt is. Die luislang het daarna om haar gekrul en sy het bykans twee ure lank gespook om haarself te bevry. Die bure het haar angskrete gehoor en die polisie ontbied. Reddingswerkers het sowat 30 minute gespook om haar te bevry. Luislange is nie giftig nie, maar versmoor hulle prooi.