Lesotho-waterprojek se sluiting ‘sal nie watertoevoer stopsit’

Die DA in Gauteng sê gegrond op huidige inligting van die Departement van Water en Sanitasie is daar nie enige rede tot kommer oor die opgradering van die Lesotho Hooglandwaterprojek nie. Die projek gaan van die eerste Oktober tot einde Maart volgende jaar noodsaaklike onderhoud ondergaan. Stephen Moore van die DA sê vals nuus en onakkurate inligting oor watertekorte het tot vrees by inwoners gelei.