Ekonoom sê oor brandstofprys in die komende maande

Die Outomobiel-Assosiasie in Suid-Afrika verwag ʼn aansienlike brandstofprys verlaging volgende maand. Dit is weens laer internasionale produkpryse en die sterker rand. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, wat deel hoekom die brandstofprys in die komende maande kan daal. Die brandstofprys-oorsigkomitee sal op 26 September vergader.