Eerste Wêreld-skoonmaakdag vandag herdenk

Vandag is die eerste Wêreld-skoonmaakdag, wat mense herinner aan hulle mede-verantwoordelikheid om ‘n skoon, gesonde omgewing te handhaaf en volhoubare afval- en hulpbronbestuur te bevorder. Die tema is Arktiese Stede en Seebesoedeling. Die Verenigde Nasies sê swak afvalbestuur is verbind aan die drievoudige krisis op die planeet, naamlik besoedeling, biodiversiteit en klimaatsverandering. Mense word aangemoedig om deel te neem deur aktiwiteite wat bewustheid verhoog oor die rol van skoonmaakpogings in volhoubare ontwikkeling.