As ek verloor is dit die Jode se skuld – Trump

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, sê as hy die verkiesing in November verloor, sal Joodse kiesers baie daarmee te doen hê. Die Republikeinse Party-kandidaat het die opmerkings gemaak by die Israeli-Amerikaanse Raad se nasionale spitsberaad in Washington. ‘n Peiling deur Pew Research het bevind 69-persent van geregistreerde Joodse kiesers sê hulle steun die Demokrate, terwyl 29-persent sê hulle beskou hulleself as Republikeine. Trump voer aan hy was by verre nog die beste president vir die Joodse gemeenskap: