Erongo kry spesiale taakspan vir GBV

Neville Andre, goewerneur van Erongo, sê geslagsgeweld teister sy streek en het ‘n verwoestende impak op gesinne, gemeenskappe en die breër samelewing. Andre het die Erongo Streek se permanente taakspan vir geslag geloods in ooreenstemming met die regering se nasionale geslagsbeleid, en die nasionale aksieplan oor geslagsgeweld. Volgens hom is gevalle van geslagsgeweld, wat wissel van gesinsgeweld tot seksuele aanranding, onder die top tien misdade wat in die streek gepleeg is. Die taakspan sal fokus op voorkomende maatreëls, insluitend opvoeding en bewusmakingsveldtogte om houdings teenoor geslag en geweld te verander.