Swakop se bouplanne vertoon baie goed 

Swakopmund het in Augustus 2024 ‘n toename in konstruksie-aktiwiteit ervaar, met 61 bouprojekte, ter waarde van 43,7 miljoen Namibiese dollar wat voltooi is. Simonis Storm sê die meeste konstruksie-aktiwiteite in Swakopmund was gesentreer rondom residensiële ontwikkeling, en meen dit beklemtoon die volgehoue vraag na behuising in die streek. Van die projekte wat voltooi is, was 33 nuwe woonstelle, 15 was nuwe woonhuise, en 10 het uitbreidings of veranderings aan bestaande eiendomme behels. Daar was ook een kommersiële gebou wat gedurende hierdie tydperk voltooi is. Hierdie verspreiding weerspieël ‘n sterk fokus op residensiële groei, aangedryf deur die dorp se groeiende bevolking.