VSA het kommer oor konflik in Midde-Ooste 

 Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake is verbind tot die verdediging van Israel teen terroriste-organisasies wat Hamas, Hisbolla en ander Iranse groepe insluit. Minstens 37 mense is dood en byna drie-duisend beseer in ‘n vlaag van ontploffings in Libanon in ‘n aanval wat Hisbolla se roepradio’s en tweerigtingradio’s geteiken het. Die verklaring van Amerika volg na die Israelse Departement van Verdediging ‘n nuwe fase in die oorlog aangekondig het. ‘n Woordvoerder van die departement sê hulle wil nie hê enige party moet die konflik eskaleer nie: