Proteas moet plan maak met Ghafanzar 

Die veelsydige Protea-speler, Wiaan Mulder, sê hulle geskiedkundige nederlaag teen Afghanistan in die eerste internasionale eendagwedstryd in Sharjah, was pynlik en hulle moet beter doen. Hy het Woensdag met 52 die grootste bydrae gelewer tot Suid-Afrika se totaal van 106, maar Afghanistan het hulle met ses paaltjies afgeransel. Die tweede eendagwedstryd vind vandag plaas. Mulder sê hulle moet beter planne beraam teen Afghanistan se jong wegbreekbouler, Allah Mohammed Ghafanzar, wat drie paaltjies platgetrek het: