NEFF is sat vir NEC se v’vertragings’ 

Die Verkiesingskommissie van Namibië het verklaar dat hy nog besig is om die hofuitspraak wat ten gunste van die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters, NEFF, gelewer is, te hersien. Die hof het die party se deregistrasie deur die kommissie tersyde gestel. Dit beteken die party is steeds ‘n geldige geregistreerde party en kan aan die November-verkiesing deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Longinus Iipumbu, adjunkleier van die NEFF in verband met hulle volgende stappe omdat die kommissie nog steeds die uitspraak bestudeer.