Kaap se krag is duurder as Nersa-tarief – EFF 

Die EFF sê die DA-geleide regering in Kaapstad het goedgekeurde elektrisiteitstariefverhogings oorskry en ‘n verhoging van 17,6-persent ingestel in plaas van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se verhoging van 15,1-persent. Die party voer aan Kaapstad se tariewe is hoër as die van ander munisipaliteite en het buitensporige winste tot gevolg. Nazier Paulsen van die EFF het tydens die Parlement se elektrisiteitsdebat gepraat en die stad se regstryd met Nersa gekritiseer. Hy waarsku verbruikers sal dalk die hoë koste van heffings dra indien die stad verloor: