Kenner sê oor 21 partye vir 1,7 miljoen kiesers 

’n Nuwe politieke party, die United Namibians Party, het amptelik Namibië se politieke toneel betree. Die party het aansoek gedoen om registrasie by die Verkiesingskommissie van Namibië en dit is goedgekeur. Daar is 21 geregistreerde politieke partye in die land, in ‘n bevolking van net meer as 3 miljoen mense. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê die toename in politieke partye is interessant. Hy verduidelik.