Namibië en Zim het grootste proporsie van burgers wat honger ly

Terwyl talle lande in Suidelike Afrika voedselkrisisse ervaar het Namibië en Zimbabwe die grootste proporsie van inwoners wat honger ly. Plaaslik is 41 persent in erge nood en in Zimbabwe is net minder as helfte van die bevolking honger. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder Dr. Ndumba Kamwanyah gepraat oor hoekom die twee lande so erg ly en of dit is ‘n regeringskrisis is.

Kamwanyah sê dat daar nie die politieke wil is om voedselsekerheid aan te spreek nie.