Groot kommer oor eskalasie van konflik in Midde-Ooste

Dodelike Israeliese aanvalle wat Hezbollah-radio’s en oproepers opgeblaas het, het alle rooi lyne oorgesteek, het Hassan Nasrallah, die leier van die Iran-gesteunde Libanese beweging, in ‘n TV-toespraak gesê. Hy sê die aanvalle kan as oorlogsmisdade of ‘n oorlogsverklaring beskou word. Intussen het die Israeliese weermag gesê dat dit tientalle Hezbollah-teikens in lugaanvalle getref het, insluitend vuurpyllanseerders en wapenopslagplekke in die suide van Libanon. Internasionale vrese vir ‘n eskalasie in die konflik neem toe. Die voormalige Britse ambassadeur in Libanon, Tom Fletcher, het met SkyNews gepraat en sê burgerlikes moet beskerm word.