Haaie maak twee veranderings vir Curriebeker-eindstryd

Rugby: Die Haaie gaan Saterdag se Curriebeker-eindstryd teen die Leeus in Johannesburg met kontinuïteit in sy spankeuse asook met momentum en selfvertroue tegemoet. Agt onoorwonne wedstryde, waaronder ‘n oorwinning oor die Leeus einde Julie, plaas die span van Durban in ‘n perfekte posisie vir die eindstryd. Die hoofafrigter, John Plumtree, het verlede week se span grootliks dieselfde gehou met net twee veranderings. Emmanuel Tshituka sal Phepsi Buthelezi as agsteman vervang, met Jurenzo Julius terug op buitesenter om saam met die Springbok André Esterhuizen die middelveld te beman.