Groei in landbou en bosbou-sektor sak met 4,9% in tweede kwartaal

Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se BBP-syfers vir die tweede kwartaal het die landbou en bosbou-sektor ‘n afname van 4,9 persent in reële toegevoegde waarde ervaar. Dit is hoër as die inkrimping van 32,5 persent in dieselfde kwartaal verlede jaar. Die stadige groei word hoofsaaklik toegeskryf aan saaiboerdery, wat ‘n afname van 11 persent aangeteken het. Dit is as gevolg van die droogte. Groei in die lewendehawe-subsektor het met 0,3 persent gesak vergeleke met ‘n groei van 12,8 persent verlede jaar. Dit is weens ‘n daling van 44,9 persent in die aantal kleinvee wat na abattoirs uit gevoer is. Dieselfde tyd verlede jaar het kleinvee-bemarking met 6,8 persent gegroei.