Ithala-bank kan ineenstort: ActionSA
ActionSA sê die Ithala-bank kan binnekort ineenstort as die KwaZulu-Natalse regering of die Nasionale Tesourie die bank nie ‘n kapitaal-inspuiting gee om te verseker dat hy voldoende gekapitaliseer is nie. Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het die bank in KZN se lisensie opgeskort na hy nie aan gesonde finansiële vereistes kon voldoen nie. Alan Beesley van ActionSA sê hulle het deurgaans alarm gemaak oor die verwoestende uitwerking van Ithala se moontlike ineenstorting.