VN-resolusie eis dat Israel Gaza verlaat

Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het ‘n resolusie met 124 stemme teenoor 14 teen Israel goedgekeur om sy onwettige teenwoordigheid in die Wesoewer, Gazastrook en die ooste van Jerusalem te beëindig. Die resolusie, wat deur Palestina ingedien is, eis dat Israel binne 12 maande sy teenwoordigheid in die Besette Palestynse Gebiede beëindig. Dit vra ook lidstate om nie wapens of militêre toerusting aan Israel te verkoop nie, asook ‘n boikot van alle Israelse produkte. Drie-en-veertig lande het buite stemming gebly terwyl Israel, Amerika en 12 ander lande was daarteen.