Coco Gauff en afrigter Brad Gilbert se paaie skei

Tennis: Die Amerikaner Coco Gauff, sesde op die wêreldranglys, het haar 14-maande vennootskap met die afrigter Brad Gilbert beëindig. Die 20-jarige het Gilbert verlede jaar aangestel om saam met die Spaanse afrigter Pere Riba te werk. Sy het kort daarna uitstekend presteer en onder meer die Amerikaanse Ope gewen as die jongste Amerikaanse vrouespeler sedert Serena Williams 25 jaar gelede. Riba is weg kort na Gauff die Amerikaanse Ope gewen het en hy rig nou die Olimpiese goue medaljewenner, Zheng Quinwen af.