Verkiesingskommissie sê oor vereistes vir onafhanklikes

Die Verkiesingskommissie van Namibië het aspirant-onafhanklike kandidate vir die presidensiële verkiesing versoek om hulself te vergewis van die vereistes om te kwalifiseer vir ‘n plek op die presidensiële stembrief in November. Die belangrikste is dat hulle 7 000 handtekeninge van hul ondersteuners landwyd moet insamel, of 500 geregistreerde kiesers per streek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, wat die wetlike vereistes vir presidensiële kandidate uiteensit.