Cosatu vra vir laer rentekoerse
Cosatu doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank om rentekoerse te verlaag wanneer die Monetêre Beleidskomitee vandag vergader. Cosatu glo ‘n koersverlaging is nodig om die ekonomie te stimuleer en broodnodige verligting te bied, nadat inflasie tot 4,4-persent gedaal het en die ekonomiese aanwysers positief lyk. Zanele Sabela van Cosatu voer aan werkers wat aanhoudende finansiële swaarkry verduur, het verligting nodig om wydverspreide armoede te beveg: