Oekraïnse hommeltuig-aanval tref Rusland
Dertien mense in die Russiese Tver-streek is beseer na ‘n groot Oekraïnse hommeltuig-aanval ‘n brand laat ontstaan het. Onbevestigde beeldmateriaal toon ‘n geweldige ontploffing in die dorp. Opdrag vir ‘n gedeeltelike ontruiming is gegee na die aanval gister in die vroeë oggendure. Die streekgoewerneur het inwoners later aangemoedig om terug te keer en sê infrastruktuur in die dorp werk weer soos normaal. AFP en Reuters haal Oekraïnse bronne aan wat sê ‘n ammunisie-opslagplek is getref.