Internasionaal verklein maatskappye hul koolstofvoetspoor en maak geld daarmee
‘n Kwart van internasionale maatskappye het hul koolstofvoetspoor verklein terwyl hulle finansieel daarby baat gevind het. Dié syfers is vervat in die Boston Consulting-groep en CO2 AI se verslag oor koolstofvrystellings. Nagenoeg 25-persent van die 1 864 maatskappye wat ondervra is, het netto voordele van minstens 7 persent van hul jaarlikse inkomste getoon vanweë die verlaging van hul koolstofvlakke volgens hul doelwitte. Diana Dimitrova van Boston Consulting sê maatskappye genereer die voordele uit ontkoling deurdat hul onkoste en belasting laer is.