Konflik met leeus onder die loep

Namibian Lion Trust Foundation se Conservation Education plaas ‘n sterk klem op die opvoeding van boere as deel van sy pogings om die konflik met leeus te mitigeer. Deur hierdie opvoeding moedig die trust boere aan om innoverende veebeskermingstegnieke te benut wat ‘n dieper begrip van die belangrikheid van naasbestaan met wild bevorder. Deur boerderygemeenskappe toe te rus met die kennis om hul beeste te beskerm terwyl die bedreiging vir leeus verminder word, verseker die trust dat beide boere en leeus kan floreer. Kosmos 94.1 Nuus het met Tammy Hoth, stigter trust gesels.