Suide-polisie misluk met veediefstal

Te oordeel aan berigte neem veediefstal regoor die land toe, wat aansienlike uitdagings vir boere inhou. In die suide het Christiaan Swartbooi, ‘n verteenwoordiger van die Gibeon-boerevereniging, die noodsaaklikheid van sterker gemeenskapsamewerking beklemtoon om die kwessie doeltreffend aan te pak. Kosmos 94.1 Nuus het met Christiaan Swartbooi gesels, wat sê in die suide het polisie-optrede oor veediefstal verswak.