Repokoers tyd vir SA, ekonoom sê inflasie sal verder daal
ʼn Senior ekonoom by FNB in die buurland, Koketso Mano, sê hoofinflasie kan in September tot onder 4 persent daal omdat swak plaaslike aanvraag kerninflasie in toom hou en dalende brandstofkoste tot laer vervoerkoste lei. Statistieke Suid-Afrika het Woensdag Augustus se inflasie-data bekendgemaak. Daarvolgens het inflasie in Augustus tot 4,4 persent gedaal teenoor die 4,6 persent in Julie. Dis die laagste vlak sedert 2021. Mano sê swak aktiwiteit wêreldwyd en druk op voorsiening het die swakker oliepryse ondersteun wat voordelig was vir petroleumpryse:
Die buurland se jongste repokoers sal vanmiddag bekend gemaak word. Op die oomblik is die koers op 8,25 persent, 75 basispunte hoër as Namibië s’n. Alle verwagtinge is dat die koers verlaag sal word.