Nuwe gedragskode vir politieke partye

Dianne Hubbard, ‘n regskonsultant by die Regshulpsentrum, het die nuwe gedragskode vir politieke partye wat deur die Verkiesingskommissie van Namibië gepubliseer is, opgesom. Die gedragskode vervang die 1992-riglyne. Die hersiene kode is meer omvattend en handhaaf sleutelbeginsels om vrye, regverdige en vreedsame verkiesings te verseker. Dit stel ook kriminele strawwe vir oortredings in. Kosmos 94.1 Nuus het met Hubbard gesels.