Staat wil appelleer teen Amukwelele se kwytskelding

Die staat sal vandag verlof tot appèl teen die kwytskelding van Fabian Amukwelele op ‘n klag van verkragting aanvra. Die 41-jarige woordvoerder van die Stadspolisie is op 16 Oktober vrygespreek van alle klagtes in die Windhoek-streekshof. Die staat sê landdros Leopold Hango het fouteer en voer aan die slagoffer het nie die verkragting alleenlik aangemeld om ontslae te raak van haar baba nie. Daar is in totaal nege punte waarop die staat wil appelleer. Vanoggend sal regter Claudia Claasen ‘n aansoek om kondonasie vir laat indiening deur staat aanhoor. Dit word teengestaan.