Soedan-partye sê hulle soek ook vrede

Soedan se weermag en die paramilitêre Rapid Support Forces het gesê hulle is oop vir vreedsame oplossings vir ‘n oorlog wat al meer as 17 maande aan die gang is, in reaksie op die Amerikaanse president Joe Biden se oproep op strydende partye om weer by samesprekings betrokke te raak. Weermaghoof Abdel Fattah al-Burhan sê die Soedannese regering bly oop vir alle konstruktiewe pogings om die oorlog te beëindig, voordat RSF-leier Mohamed Hamdan Dagalo vroeg vanoggend met ‘n soortgelyke sentiment gevolg het.