‘Titan was nie veilig nie’

‘n Sleutelwerknemer wat ‘n gedoemde eksperimentele duikboot as onveilig bestempel het voor sy laaste, noodlottige reis, het getuig dat hy gereeld met die maatskappy se medestigter oor veiligheidskwessies gebots het en gevoel het dat die maatskappy net daartoe verbind was om geld te maak. David Lochridge, OceanGate se voormalige operasionele direkteur het voor ‘n kommissie na die ramp getuig.

OceanGate se Titan het op 18 Junie ingeplof op pad na die Titanic se wrak toe. Vyf mense, insluitend OceanGate se hoof Stockton Rush is dood.