NamRA stel blitslyn bekend

NamRA het ‘n blitslyn in samewerking met Deloitte bekend gestel. Die doelwit is vir lede van die publiek om belasting ontduiking, onwettige handel en smokkelary aan te meld. Volgens die agentskap sal die blitslyn dien vir enige nie-nakoming van Namibië se belasting wette. Kommissaris Sam Shivute sê die stap vorm deel van hulle pogings vir deursigtigheid en integriteit. Die nommer 0800 535 777 is tolvry. NamRA kom onder toenemende druk om inkomste te genereer vir die staat.