Kenner sê daar’s voordele vir BRICS-lidmaatskap

Die plaaslike ekonoom Josef Sheehama het onthul dat Namibië gaan aansoek doen om BRICS-lidmaatskap. Dit kan vele voordele vir die land inhou, veral omdat daar reeds sake-betrekkinge met heelwat van die lande in die BRICS Plus-alliansie is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, wat die voordele vir Namibië uitlig.