Minister maan oor versigtige oorweging van witskrif op immigrasie

Binnelandse sake-minister Leon Schreiber sê ‘n finale Witskrif oor Burgerskap, Immigrasie en Vlugtelingbeskerming sal ooreenstem met die regering van nasionale eenheid se doelwitte. Schreiber beklemtoon hoe noodsaaklik noukeurige oorweging is voordat die witskrif teen 2027 aangebied word. Hy sê die hervormings het ten doel om die immigrasiestelsel te hersien en kwessies in die Wet op Vlugtelinge aan te spreek.