Usyk vrygelaat na kort aanhouding in Pole

Boks: Die wêreld-swaargewigkampioen, Oleksandr Usyk van Oekraïne, is vrygelaat nadat hy vlugtig aangehou is by die Krakow-lughawe in Pole. Hy is verfilm terwyl hy in boeie was, omring deur beamptes in uniform. President Volodymyr Zelensky was woedend oor die polisie se houding teenoor Usyk en het ‘n ondersoek beveel. Usyk is onoorwonne en word as die wêreld se beste swaargewig beskou. In Mei het hy die Britse bokser, Tyson Fury, geklop om die eerste onbetwiste kampioen sedert Lennox Lewis in 2000 te word.  Usyk word beskou as ‘n Oekraïense nasionale held en inspirasie.