Dis Clausthaler Finkenstein Trail Run op 5 Oktober!

Die Clausthaler Finkenstein Trail Run vind op 5 Oktober by die Finkenstein Bosmark plaas, en behels 4km- en 8km-roetes. Vroeë registrasie kos 150 Namibiese dollar en 50 dollar vir kinders onder 12, terwyl laat registrasie 200 dollar is. Registrasie maak 7-uur oop en die wedloop begin om half-agt. Deelnemers wat drie van hul Clausthaler Finkenstein Trail Run-medaljes inbring, sal ‘n gratis T-hemp ontvang. Die organiseerder, Francois Steynberg, gesels met Kosmos 94.1 Nuus en gee meer inligting