Nederland soek beperking op ongewenste immigrante

Nederland se regse regering sê hy het die EU gevra om uit sy migrasiereëls te tree sodat die regering ‘n beperking op ongewenste migrante kan implementeer. Die minister van migrasie Marjolein Faber sê die land moet meer beheer hê oor sy migrasiebeleid. Die regering wat sedert Julie aan bewind is onder leiding van Geert Wilders se nasionalistiese PVV-party, beoog om ‘n nasionale asielkrisis te verklaar, wat hom toelaat om beheermaatreëls in te stel sonder parlementêre goedkeuring. Brussel sal na verwagting nie instem nie omdat EU-lidlande in Desember 2023 ooreengekom het op ‘n nuwe blokwye migrasieverdrag.