Baie moet gebeur voor SME’s aan vryhandel-ooreenkoms dan deelneem

Entrepreneurs van die 54 Afrika Unie-lidlande het aan die derde jaarlikse forum vir mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings in Windhoek deelgeneem. Namibië se Taimi Shivute, stigter van Tuno Trading, het haar glutenvrye speserye ten toon gestel en haar finansiële uitdagings uitgelig. Sy wil graag buite Namibië besigheid te doen onder die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied maar weet nie hoe nie. Ander entrepreneurs het beaam dat hulle oningelig bly. Namibië het egter reeds sy nasionale strategie vir die vryhandelsgebied bekendgestel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SMEs Compete, wat sê baie dinge moet gebeur voor kleiner besighede sal kan uitvoer.