Politieke debat en die tradisionele rol van kampusse

Die stof het nog nie gaan lê oor die bohaai by Unam oor politiek op kampus nie. Dit spruit uit die universiteit se verbod op politieke aktiwiteite op kampus. Varsities is tradisioneel die plek waar debat plaasvind en denke gebou word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zoe Titus, die direkteur van die Namibia Media Trust, wat hulle standpunt oor die saak gee.