Sal brandstofprys in Namibië ook daal?

Die Automobiel-Assosiasie in Suid-Afrika verwag nog ʼn aansienlike verlaging in die brandstofprys in Oktober. Die verwagting is gebaseer op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds. Die AA sê weens die sterker rand en laer olieprys, kan die petrolprys met 1 rand 26 sent daal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energie-ministerie, oor die vooruitsigte vir Namibië.