Trans-Kalahari-spoor nie haalbaar as mynuitset nie verbeter nie

In die Puma Energy-verslag, Bridging the Gap in Energy Infrastructure, word die Trans-Kalahari-spoorwegprojek, wat daarop gemik is om ‘n spoorverbinding van 1 500km te vestig wat Walvisbaai en Gaborone verbind, aangespreek. Die projek staan stil en soek beleggers. Volgens The Brief is daar bevind dat sonder ‘n beduidende toename in mynboutonnemaat, die belegging in hierdie spoorwegprojek nie net geregverdig word deur die volume brandstof-vervoer nie. Die projek is ontwerp om streekskonnektiwiteit te verbeter en ekonomiese groei te ondersteun maar, die opskorting daarvan weerspieël egter breër uitdagings in infrastruktuur beleggings.