VSA voltooi onttrekking uit Niger

Die Amerikaanse weermag sê dat hy die onttrekking van sy troepe en bates uit Niger voltooi het. Dit het in fases plaasgevind en het in Mei begin, nadat Niger se nuwe leiers ‘n militêre samewerkingsooreenkoms met Washington geskrap het. Hulle het verlede jaar die mag in ‘n staatsgreep oorgeneem en die afgelope maande het Niamey van sy Westerse vennote weggedraai en hom eerder na Rusland gewend vir veiligheid. Die onttrekking van die VSA se byna 1 000 militêre personeel word as ‘n groot terugslag vir Washington beskou.